GEREELDE VRAE

Wat presies is Tuisonderig?

Tuisonderrig, ook bekend as elektiewe tuisonderrig (ETO), is die onderrig van skoolgaande kinders by die huis (die plek waar hulle woon), in die plek van 'n openbare of privaatskool. Gewoonlik uitgevoer deur 'n ouer, opvoeder of 'n aanlyn onderwyser, gebruik baie tuisskoolgesinne minder formele, meer persoonlike en geïndividualiseerde leermetodes wat nie altyd in skole voorkom nie.

Is dit wettig?

Ja, tuisonderrig is wettig. Tuisonderwys is in Suid-Afrika in 1996 gewettig deur die Suid-Afrikaanse Skolewet No. 84 van 1996 (S51). Ingevolge die wet is dit verpligtend om jou kind vir tuisonderrig by jou provinsiale regering te registreer, indien hulle tussen die ouderdomme van 7 en 15 jaar oud is.

Is julle 'n geregistreerde skool?

Ons is nie 'n skool in die tradisionele sin van die woord nie, en dit is ook nie 'n vereiste om as 'n skool by die regering geregistreer te wees nie. Ons is nietemin 'n geregistreerde Suid-Afrikaanse maatskappy wat binne die raamwerk van wetgewing funksioneer, en op grond hiervan bied ons tutordienste aan studente wat verkies om tuisonderrig te ontvang.

Bied julle Matriek aan – word dit erken?

Ons bied tans nie Matriek (Graad 12) aan nie, maar miskien sal ons dit in die toekoms aanbied.

Word julle sertifikate erken?

Indien jy besluit om jou kind terug te stuur na 'n hoofstroom skool, moet hulle terug aanvaar word, maar dit is in die diskresie tot die betrokke skool. Daar is egter geen waarborge nie. ’n Privaatskool sal waarskynlik meer toegeeflik wees om jou kind terug te aanvaar in die skoolsisteem. Graad 12 / Matrieksertifikate is egter 'n kwessie van 'n heeltemal ander aard.

Kopiereg © Virtuele Tuis Skool (Edms) Bpk 2021-2024. Alle Regte Voorbehou.